Toe die Lam die sewende seël oopmaak, het daar stilte in die hemel gekom, omtrent 'n halfuur lank. En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en daar is aan hulle sewe trompette gegee. 'n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan staan met 'n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God. Toe het die engel die wierookbak geneem, dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing gekom. Die sewe engele met die sewe trompette het hulle toe gereed gemaak om daarop te blaas.
Lees DIE OPENBARING 8
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: DIE OPENBARING 8:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's