SPREUKE 24:30-34

SPREUKE 24:30-34 AFR83

Ek het by 'n lui mens se land verbygestap, by 'n onverstandige mens se wingerd: dit was heeltemal oortrek van die onkruid, toegegroei onder die bossies, en die klipmuur was omgeval. Toe ek dit sien, het ek daaroor nagedink en daar iets uit geleer: nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou om te slaap, en daar kom jou armoede aangestap, daar oorval die gebrek jou soos 'n inbreker, sonder dat jy dit kan keer.