Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan en roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!” Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n Samaritaan. Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?”
Lees LUKAS 17
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 17:11-18
4 Days
Gratitude turns what we have into enough. This four-day Bible Plan from Life.Church will help you discover a more grateful perspective. Start reading part two of the six-part Stay Positive series.
6 Days
All of us need some type of healing in our lives. We might have a physical illness, emotional trauma, mental distress, or spiritual burden that we keep battling—even after years of praying it away. In this Plan, we’ll find hope and encouragement as we learn about a variety of ways that Jesus healed people.
6 Dae
… ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is …2 Joh 1:2. Almal het genesing nodig en is op ‘n reis na heling. Die doel van die reeks is om in kontak te kom met ons eie gebrokenheid en siek-wees en te draai na Jesus as ons Geneesheer.
7 dae
Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarheid deur ons te laat vloei en ons lewens te verlig. Dankbaarheid maak die lewe ligter en bring vreugde.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's