LEVITIKUS 23:26-32

LEVITIKUS 23:26-32 AFR83

Die Here het vir Moses gesê: “Op die tiende van die sewende maand is dit die versoendag. Julle moet dan 'n gewyde byeenkoms hou, en julle moet vas en aan die Here offers bring. Niemand mag op dié dag werk nie, want dit is die versoendag waarop daar vir julle versoening gedoen word by die Here julle God. Enigiemand wat nie vas op hierdie dag nie, moet van sy volksgenote afgesny word en Ek sal elkeen wat op hierdie dag werk, om die lewe bring. Julle mag geen werk doen nie. Hierdie dag moet vir altyd 'n vaste instelling wees, waar julle of julle nageslag ook al woon. Dit moet vir julle 'n plegtige rusdag wees waarop julle vas. Julle moet rus van sononder af op die negende van die maand tot sononder op die tiende.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor LEVITIKUS 23:26-32

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid