Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir hulle: “Skrik dit julle af? Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was? Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe. Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai. Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.” Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.” Jesus het daarop vir hulle gesê: “Het Ek nie self julle twaalf uitgekies nie? En een van julle is 'n duiwel!” Hy het Judas die seun van Simon Iskariot bedoel, want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.
Lees JOHANNES 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 6:61-71
5 Days
This five day plan is an in-depth study of the doctrines of grace. T.U.L.I.P. is a heading of Theology that magnifies the sovereignty of God. Exalting God’s grace is the truth expressed in the doctrines of grace.
To fully understand the Word, one should know about the Word. Know about the Word and be inspired by this 5-day reading plan.
7 Days
What if faith is less about knowing all the right answers and more about asking hard questions? If you’ve ever wondered why God seems unfair, why He doesn’t always answer our prayers the way we expect, or why a loving God would create hell, this 7-day Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s Ever Wonder Why? series, is for you.
What if doubt isn’t the opposite of faith but a doorway to a deeper faith? In this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, Doubting God, we’ll discover that doubts don’t make you a bad Christian. In fact, they might just be a necessary ingredient to discipleship.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's