Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom
Lees HEBREËRS 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 10:19
3 Dae
God roep jou na ’n nuwe manier van lewe – een van vryheid, vrede en groei. Hierdie leesplan help jou om te verstaan hoe om deur die Heilige Gees gelei te word, hoe ’n gesonde siel lyk en hoe om die vyand se leuens te oorwin. Elke dag bou op die vorige dag om jou te help om jou identiteit en oorwinning in Christus verder te ontwikkel. Jy hoef nie vasgevang te bly in ou patrone nie – hierdie leesplan wys hoe jy in God se waarheid kan begin leef.
6 Dae
Ons almal sukkel soms om ons gedagtes te beheer en hulle eerbaar en verheerlikend vir God te maak. In hierdie 6-dag-leesplan, gebaseer op Louie Giglio se boek DON’T GIVE THE ENEMY A SEAT AT YOUR TABLE, sal jy leer hoe om beheer te neem oor jou gedagtes en emosies – deur die krag wat God vir ons gegee het deur Jesus Christus om die vyand te oorwin.
7 Dae
Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.
8 Dae
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs" verken ons, ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef. Ons leer van die verklarings wat God maak oor ons identiteit en reinheid. Ons sien wat dit beteken om as geloofshelde te leef, en hoe ons bemagtig word deur God se Heerlikheid om die wêreld vir Sy Koninkryk te beïnvloed.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!