Broers, ek gaan nou 'n voorbeeld uit die gewone lewe neem. As 'n testament, wat maar net mensewerk is, eers geldig is, kan niemand dit ongeldig maak of iets daaraan toevoeg nie. God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee. Daar staan nie “aan nakomelinge”, meer as een nie, maar: “en aan jou nakomeling” , net een, en hierdie nakomeling is Christus. Hiermee wil ek dít sê: God het 'n verbond met Abraham gesluit en dit tóé al geldig gemaak. Die wet, wat eers vier honderd en dertig jaar later gekom het, kan nie hierdie verbond ongeldig maak, sodat God se belofte aan Abraham nie meer sou geld nie. As 'n mens dit wat beloof is, kry op grond van die onderhouding van die wet van Moses, kry jy dit nie meer op grond van die belofte nie, en God het sy genade aan Abraham juis deur 'n belofte toegesê. Watter doel dien die wet dan? Dit is later bygevoeg as gevolg van die sonde, en dit is bedoel vir die tyd totdat die nakomeling op wie die belofte betrekking het, sou kom. Engele het die wet deur middel van 'n tussenganger aan die volk gegee. Maar as daar net één is wat handel, is 'n tussenganger nie nodig nie, en God ís net een.
Lees GALASIËRS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: GALASIËRS 3:15-20
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's