Toe Moses al 'n volwasse man was, het hy op 'n keer na sy eie mense toe gegaan en gesien dat hulle dwangarbeid verrig. Hy sien toe hoe een van sy eie mense, 'n Hebreër, deur 'n Egiptenaar geslaan word. Nadat Moses rondgekyk het en niemand gewaar het nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom onder sand toegekrap. Die volgende dag gaan hy weer, en tot sy verbasing was daar twee Hebreeuse manne aan die baklei. “Waarom slaan jy aan jou broer?” vra hy vir die een wat die rusie begin het. “Wie het jou aangestel as baas en regter oor ons?” vra die ander. “Wil jy my miskien ook doodslaan, soos jy die Egiptenaar doodgeslaan het?” Toe skrik Moses en hy dink: die ding het bekend geword. Toe dit by die farao uitkom, wou hy vir Moses laat doodmaak, maar Moses het van hom af weggevlug en in Midian gaan woon. Terwyl hy daar by 'n put sit, het die sewe dogters van 'n priester van Midian kom water skep om die drinkbakke vol te maak en hulle pa se kleinvee te laat suip. Toe daar veewagters aankom en die dogters wegjaag, het Moses opgestaan en hulle gehelp en hulle kleinvee laat suip. Met hulle aankoms by hulle pa Reüel het hy gevra: “Hoe het julle dan vandag so gou gekom?” en hulle antwoord: “Daar was 'n Egiptenaar, en hy het ons gehelp teen die veewagters. Boonop het hy vir ons water geskep en die kleinvee laat suip.”
Lees EKSODUS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 2:11-19
4 Days
What does the term ‘calling’ mean? Is it an audible voice? A dream? An ecstatic experience? How can I discern God’s calling for my life? Moses lived a purposeful life after that ‘burning bush’ experience, but does that discount all the previous years? Here are some lessons that can help us understand our calling, based on Moses’ life.
7 Days
In this 7-day devotional, discover how you can be armed for the battles we encounter on a daily basis. The Battles Women Face series will cover topics from boundaries to worry and provide Biblical truths and practical applications to help you walk in victory.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's