DEUTERONOMIUM 16:9-12

DEUTERONOMIUM 16:9-12 AFR83

“Jy moet sewe weke bereken van die dag af dat jy jou graan begin oes. Vier die fees van die weke tot eer van die Here jou God. In die mate waarin die Here jou God jou met voorspoed geseën het, moet jy 'n vrywillige offer vir Hom bring. In die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te laat woon, moet jy bly wees in die teenwoordigheid van die Here jou God, jy en jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, die Leviete wat in jou omgewing woon, die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees by jou. Jy moet altyd onthou dat jy 'n slaaf was in Egipte. Onderhou al hierdie voorskrifte en leef daarvolgens.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid