Ellende wag vir dié wat so rustig in Sion woon, dié wat hulle so veilig voel op Samariaberg, dié vername mense van die voorste nasie op wie die koningshuis van Israel hom verlaat! Gaan kyk in Kalne, gaan daarvandaan na die groot Hamat toe, gaan af na die Filistynse stad Gat toe! Is julle beter as daardie koninkryke? Is hulle grondgebied groter as julle s'n? Julle maak of die dag van rampe ver is, maar julle bring juis die dag nader dat geweld julle sal regeer. Julle lê op julle beddens wat met ivoor ingelê is, julle strek julle uit op julle rusbanke, julle eet lammers uit die kleinveetrop en kalwers uit die stal
Lees AMOS 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: AMOS 6:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's