AMOS 2:6-8

AMOS 2:6-8 AFR83

So sê die Here: Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg: hulle verkoop onskuldige mense vir geld, arm mense oor 'n paar sandale; hulle trap swakkes se koppe plat in die grond en veronreg dié wat hulleself nie kan verweer nie; pa en seun kuier by dieselfde meisie en doen my heilige Naam oneer aan; langs elke altaar strek die Israeliete hulle uit op klere wat as pand gevat is; in die huis van hulle God drink hulle die wyn van dié wat uitgebuit is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor AMOS 2:6-8