HANDELINGE 11:22-26

HANDELINGE 11:22-26 AFR83

Die berig hieroor het die gemeente in Jerusalem bereik, en hulle het vir Barnabas na Antiogië toe gestuur. Toe hy daar kom, was hy bly om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, en hy het hulle almal aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly. Barnabas was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en met 'n vaste geloof. 'n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring, en Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, het hy hom na Antiogië toe gebring, en hulle twee het 'n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en baie mense onderrig. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 11:22-26

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid