2 KRONIEKE 10:16-19
2 KRONIEKE 10:16-19 AFR83
Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê: “Dawid is nie deel van ons nie; ons het niks aan Isai se seun nie! Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!” Die hele Israel is toe terug na sy eie woongebied toe. Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het. Koning Rehabeam het vir Adoniram, wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug. So het Israel in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid, en dit is vandag nog so.

