Boas stap toe na Rut toe en sê vir haar: “As ek jou raad kan gee, moenie op ’n ander land gaan are optel nie. Bly by die vroue wat hier op my land werk. Kyk waar hulle are optel en volg hulle. Ek het ook die werkers gewaarsku om jou nie te pla nie. En as jy dors word, gaan drink gerus water daar by die kanne wat hulle vir hulleself volgemaak het.” Rut het baie beleefd dankie gesê. “Maar,” vra sy toe vir hom, “hoekom is u bekommerd oor my? Ek is tog maar net ’n vreemdeling hier.” Boas sê toe vir haar: “Ek het gehoor van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het ná jou man se dood, dat jy bereid was om jou ouers en jou geboorteland prys te gee om hier saam met haar tussen ’n klomp vreemde mense te kom bly. Mag die Here, die God van Israel, by wie jy hulp kom soek het, vir jou baie goed wees. Mag Hy jou goed versorg oor al die mooi dinge wat jy gedoen het.” “U is baie vriendelik, Meneer,” sê sy toe vir hom. “Ek is bly dat u so ordentlik met my praat al is ek nie een van u werkers nie.” Met etenstyd het Boas vir Rut geroep en gesê: “Kom eet saam met ons. Vat gerus ook van die brood en doop dit in die wynsous om jou dors weg te vat.” Sy het toe by die werkers gaan sit en Boas het vir haar gebraaide koring gegee. Toe sy klaar geëet het, was daar genoeg oor om saam te vat huis toe. Toe Rut weg is om verder te gaan werk, het Boas vir sy werkers gesê: “Laat haar toe om ook tussen die gerwe koringare op te tel. Moenie haar keer om dit te doen nie. Julle moet ook so nou en dan van die are uit die bondels uittrek en dit spesifiek vir haar los sodat sy dit kan optel. Moenie dit moeilik maak vir haar nie.” Rut het tot die aand toe are op die land opgetel. Toe sy later die are uitslaan om die graan en die halms te skei, was daar omtrent tien kilogram graan. Rut het die koring teruggevat dorp toe en vir haar skoonma gaan wys hoeveel sy die dag bymekaargemaak het. Sy het ook vir Naomi van die kos gegee wat van die middag se ete oorgebly het. Naomi was so verbaas dat sy sommer gevra het: “Waar kry jy so baie? Op wie se land het jy gewerk? Mag die Here baie goed wees vir die persoon wat jou gehelp het!” Rut het haar toe vertel wat sy gedoen het en dat sy op die land van ’n man met die naam Boas gewerk het. “Mag die Here Boas seën!” het Naomi gesê. “Die Here kom altyd sy beloftes na aan dié wat lewe en selfs ook dié wat al dood is. Weet jy, hierdie man is familie van ons. Om die waarheid te sê, hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg omdat ons nie meer mans of kinders het nie.” Toe sê Rut: “Dis nie al nie. Hy het ook gesê ek moet terugkom en elke dag saam met sy werkers are kom optel totdat die hele oes van die land af is.” Naomi sê toe vir Rut: “Dis goed so. Jy moet eerder saam met die vroue op Boas se land werk. Jy mag dalk net beledig word as jy op iemand anders se land gaan werk.” Rut het toe saam met die ander vroue in Boas se land are opgetel totdat die gars- en koringoes ingesamel was. Sy het die hele tyd by haar skoonma gebly.
Lees Rut 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Rut 2:8-23
6 Dae
Rut, 'n liefdesverhaal wat God se liefde vir ons weerspieël, beskryf 'n lang siening van die geskiedenis – insluitend koning Dawid se … en selfs Jesus se agtergrond. Reis daagliks deur Rut terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
7 Days
Unemployment can challenge us spiritually, physically, mentally and emotionally. This 7-day plan will help you seek God in the midst of the difficulties of unemployment.
27 dae
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's