Openbaring 21:1-4

Openbaring 21:1-4 DB

Ek sien toe ’n splinternuwe hemel en aarde. Die aarde, soos ons dit ken, het verdwyn en die hemel, soos ons dit ken, was nie meer daar nie. Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos ’n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het. Ek hoor toe ’n harde stem sê: “God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees. As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid