Die kind word toe gebore. Dit was ’n seun, maar nie sommer enige seun nie. Hy is die Een wat oor al die mense in hierdie wêreld sal regeer. Wie nie na Hom luister nie, sal onder sy verskriklike straf deurloop. Die draak was te stadig. Toe die Seun gebore is, is Hy opgeraap en na God toe, wat oor alles heers, gevat. Die vrou het die woestyn in gevlug waar God vir haar ’n spesiale plek reggemaak het. Sy het so lank as wat dit nodig was (omtrent so 1 260 dae) daar gebly. God het vir haar alles gegee wat sy nodig gehad het.
Lees Openbaring 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 12:5-6
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's