Openbaring 12:3-4

Openbaring 12:3-4 DB

Maar dit was nie al nie. Ek sien toe ’n groot draak in die lug met ’n bloeddorstige rooi kleur. Hy het sewe koppe en tien horings gehad. Op elke kop was daar ook ’n kroon soos ’n koning sou dra. Dit was duidelik dat hierdie draak sterk was en dat baie aardse leiers agter hom aangeloop het. Hy was vernietigend. Hy swaai sy stert en slaan ’n derde van die sterre uit die hemel uit dat hulle tot op die aarde val. Die draak het reg voor die vrou gaan staan om die kind te verslind wat sy besig was om te kry.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid