U hou niks van mense wat nie doen wat U sê nie, U gooi hulle eenkant toe; vir altyd! Moenie dat slegte mense my onderstebo loop nie. Onthou tog dat ek u Woord in my hart gebêre het. Mense wil my tot ’n val bring, maar onthou asseblief hoe lief ek u Woord het. U Woord maak my lewe vol blydskap; dit wys my hoe om elke dag te leef. My lewe is nie veel werd nie. Gee asseblief vir my nuwe lewe; daardie soort lewe wat U in die Bybel beloof. Ek het vir U kom vertel hoe swaar dit met my gaan. U het geluister en my gehelp; leer my nou om te doen wat U sê. Leer my om die volle rykdom van u voorskrifte goed te verstaan. Ek wil heeltyd daaroor dink. My lewe is vol bekommernis. Help my tog om u hand styf vas te hou. En gee vir my krag. Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. Here, wys my wat U van my verwag, dan sal ek tot aan die einde van my lewe net doen wat U vra. Verander my manier van dink; maak my gedagtes vol met u wet! Dan sal ek heeltyd doen wat U sê. Laat my elke dag op die pad loop wat U voorskryf, want dit maak my baie gelukkig. Help my om net aan U te dink sodat ek nie agter geld aanhardloop nie. Keer dat ek na dinge kyk waarvan U niks hou nie. Om te leef soos U wil hê; dis al wat ek vra! Maak dit wat U in die Bybel aan u kinders beloof waar in my lewe. Keer tog dat mense lelike dinge vir my sê. Mense kan so venynig wees. Laat my net daardie dinge hoor wat U wil hê ek moet doen. Daar’s net een begeerte in my hart: om te doen wat U sê. Beskerm my, want U doen wat U belowe. Here, wys asseblief vir my hoe goed U is, soos U beloof het. Dan sal ek nie bang wees vir almal wat met my spot nie, want ek hou net vas aan wat U sê. Help my om net die waarheid te praat. Dag en nag luister ek fyn na u stem. My hele lewe lank wil ek net doen wat U in u wet vir ons sê. Met groot blydskap wil ek in die oop ruimte van u liefde en voorskrifte stap. Voor belangrike mense wil ek oor U praat sonder om skaam te wees. Ek is so lief vir u Woord. Ek is bly daaroor. Om al u voorskrifte te hou maak my baie bly. Ek kan nie genoeg vir U sê hoe gelukkig dit my maak om te doen wat U sê nie, ek dink heeltyd daaraan.
Lees Psalms 119
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 119:21-48
5 Days
In what ways has the Bible changed your life? When life hits us hard, we find direction and solace in Scripture. But what if the Bible was not in your language? That’s the reality for 1 billion people today. Join this 5-day plan where you can partner your Scripture reading with simple and effective ways to pray for people without the Bible.
7 Days
Everything that has been created on earth by human beings started in the imagination of somebody’s mind. This is a gift from God. In this 7-day study we will learn about the relationship between your imagination and faith. I want to help you unlock your imagination in a way that has never been done before.
The Bible is one of the most influential books of all time, but it can seem overwhelming to know how to understand it and what to do with it. This 7-day Bible study will help break down what the Bible is, why it matters, and how you can understand it today. We’ll also discover how you can put God’s Word in action in His world.
30 Days
Have you ever wondered, “Is it possible to experience joy in all seasons of life?” Carol McLeod believes that God has an enormous joy for you that is within your reach. In this devotional, you will discover how to trust God when life isn’t fair, how to ponder Scripture that transforms your thinking and how to turn disappointment into a heart that rejoices in the middle of uncertainty.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's