Matteus 9:9

Matteus 9:9 DB

Van daar af stap Jesus toe verder tot by ’n tolhuis. Dit is die plek waar reisigers se bagasie deur belastinggaarders (hulle is tollenaars genoem) deursoek is. Dan moes hulle op sekere goed belasting betaal. Hierdie mense was baie ongewild onder die Jode. Om die waarheid te sê, die Jode wou nie eens met hulle meng of selfs met hulle gesels nie. Matteus was so ’n tollenaar. Toe Jesus Matteus in die tolhuis sien sit, sê Hy vir hom: “Los al hierdie goed waarmee jy jou so besig hou en kom saam met My!” Matteus het nie een oomblik op hom laat wag nie. Hy het alles net so gelos en saam met Jesus verder gestap.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid