Op ’n dag was Job se kinders weer bymekaar in die oudste seun se huis. Hulle het saam geëet en wyn gedrink.Terwyl hulle besig was om so saam te kuier, het ’n boodskapper by Job se huis aangekom. Hy het gesê: “Ons was besig om die land met osse te ploeg. Die donkies het daar by ons gestaan en wei. Die volgende oomblik het die Sabeërs op ons toegesak. Hulle het die diere gesteel en die werkers doodgemaak. Ek is die enigste een wat weggekom het om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.” Terwyl die man nog besig was om te praat, het daar ’n tweede boodskapper met nog nuus aangekom. Hy het gesê: “Die weerlig het geslaan en al die skape en die wagters is raak geslaan. Hulle is op die plek dood. Ek is die enigste een wat oorleef het om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.” Terwyl hierdie boodskapper nog besig was om te praat, het ’n derde een met nuus opgedaag. Hy het gesê: “Die Babiloniërs het met drie bendes toegeslaan. Hulle het die kamele gesteel en u oppassers doodgemaak. Ek is die enigste een wat ontsnap het om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.” Hierdie derde boodskapper was nog besig om te praat toe nog een met nuus daar aankom. Hy het gesê: “U kinders was besig om saam te eet en te kuier in u oudste seun se huis toe ’n ramp hulle tref. ’n Baie sterk wind het van die woestyn af gewaai. Dit het die huis met mening van alle kante af getref. Die wind het die huis omgewaai en dit het bo-op u kinders geval. Hulle is almal dood. Ek is die enigste een wat oor is om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.” Toe Job die slegte nuus hoor, het hy begin rou. Hy het opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook al sy hare afgesny. Toe het hy neergeval en met sy gesig teen die grond gaan lê. Hy het gesê: “Toe ek gebore is, het ek met niks in hierdie wêreld ingekom nie. As ek uit hierdie wêreld uitgaan, sal ek weer sonder enigiets weggaan. Wat ek het, het die Here vir my gegee. Die Here het dit ook weer weggevat. Die Here moet geprys word!”
Lees Job 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Job 1:13-21
5 Days
Death affects us all but how do we cope when we lose a loved one? This plan provides hope and comfort in the midst of grief.
These are unprecedented times for those of us who are alive on planet earth at this moment. Historically, we can find hope if we turn to the One who made it all and is Lord of all. What does the Bible say about why these things happen, what is God’s response to it, and what is my hope in life and death?
7 Days
Unemployment can challenge us spiritually, physically, mentally and emotionally. This 7-day plan will help you seek God in the midst of the difficulties of unemployment.
Suffering is the one experience which binds all of humankind together. But why does it exist? What purpose does it serve? Like so many of us, Job was a person who didn’t deserve the immense pain that entered his life. It was at his lowest point when God showed up and provided one of the most challenging and powerful answers to the problem of pain the world has ever heard.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's