My broers en susters, God het julle geroep om net Syne te wees. Laat Jesus daarom die fokus van julle lewe wees. Konsentreer op wat Hy wil hê, want ons almal stem saam dat God Hom gestuur het en dat Hy as Hoëpriester ons saak by God moet gaan stel. Dit vertel ons ook vir ander mense. God het Jesus aangestel en Jesus het alles gedoen soos God dit van Hom verwag het, net soos Moses destyds getrou gedoen het wat God wou hê. In vergelyking met Moses is Jesus egter baie belangriker. Om ’n voorbeeld te gebruik: die bouer is tog baie belangriker as dit wat hy bou. Laat ek die beeld verder neem. Elke huis moet deur iemand gebou word, maar dit is God wat almal en alles bou. Moses was soos ’n getroue werker in God se huis. Hy het mense ook vertel van al die dinge wat God nog in die toekoms sou sê. Christus is egter nie soos ’n werker nie, maar soos die seun lojaal in die huis van God. Ons is die huis van God wanneer ons vasberade tot die einde toe met oortuiging bly vashou aan alles wat God beloof het.
Lees Hebreërs 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 3:1-6
5 Days
In this five-day reading plan, Dr. Tony Evans will journey with you through the first section of Hebrews (1:1—3:6) and discuss Jesus: The Superior Person. Hebrews was written to encourage believers to never give up. So, if you have ever faced discouragement in your journey of faith, then this is the book you should study to find encouragement and hope to finish the race of faith well.
7 dae
BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopvervulde temas soos opstanding, die Evangelie van God se Koninkryk, die Heilige Gees en die hereniging van Hemel en Aarde.
8 Days
What is rest? What does it mean to enter into God’s rest? What exactly are we resting from? As we journey through Part Two of Nine devotional plans walking us through the book of Hebrews, we discover how God defines rest, how we enter this rest and how we grow from this position of rest.
10 dae
Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugte in ons wil groei tot dit ons mees natuurlike manier van lewe word. Hierdie ontdekkingsreis gaan jou begelei om ten volle in jou ware identiteit te leef.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's