Die klomp skelms gaan net woester en slegter word. Dit is ’n bose kringloop. Hulle lei ander op die verkeerde pad omdat die duiwel húlle op die verkeerde pad gelei het. Maar jy, Timoteus, moet jou nie ’n duim van koers af laat bring nie. Bly by die dinge wat vir jou geleer is en wat jy weet waar is. Jy weet mos wie dit alles vir jou geleer het. Toe jy nog klein was, het jy al die Skrif gelees. Jy kan baie daaruit leer, soos hoe ’n mens se saak met God weer reggemaak kan word deur op Christus Jesus te vertrou. Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil hê hulle moet leef.
Lees 2 Timoteus 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Timoteus 3:13-16
5 Days
God is awakening His Church, and we need to see the big picture. When times get tough, we will be tempted to quit. It is not, however, time to quit. Join us as we learn how to read the times we are in, as well as gain strategies on how to stand and advance the Kingdom of God.
9 Dae
Die tweede brief aan Timoteus roep God se mense op om vir God se woord te staan, dit te bewaar, te verkondig en, indien nodig, daarvoor te ly. Reis daagliks deur 2 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's