2 Konings 23:24-25
2 Konings 23:24-25 DB
By alles wat hy reeds gedoen het, het Josia ook nog ontslae geraak van alle mense wat geeste oproep en waarsêery beoefen het, asook van alle huisgode en elke ander manier waarop afgode in Juda of in Jerusalem gedien kon word. Dit was alles bedoel om te voldoen aan die Here se eise volgens die wetboek wat Gilkija in die tempel gekry het. Daar was in die hele geskiedenis nie nog ’n koning soos Josia nie. Daar was nie een wat hom só heelhartig en met al sy krag daaraan gewy het om alles te doen wat die Here volgens die wet van Moses van hom verwag het nie. Daar was ook ná hom nie weer so ’n koning soos hy nie.


