Julle weet teen hierdie tyd baie goed dat die dag waarop die Here terugkom net so onverwags sal plaasvind soos ’n dief wat in die middel van die nag by jou huis kom inbreek. Baie mense sal nog sê: “Ag nee wat, alles is veilig,” dan val alles rondom hulle skielik inmekaar. Hierdie mense sal begin skree van die pyn, net soos ’n vrou wat op die punt staan om geboorte te gee. Maar dit sal niks help nie. Niemand sal op daardie dag wegkom nie. Gelukkig is ek nie oor julle bekommerd nie, my broers en susters. Julle leef nie in die donker nie; daarom sal die dag van die Here julle nie onkant betrap nie. Julle sal gereed wees, want julle leef altyd in die Here se lig. Ons as gelowiges is immers dagmense, nie nagmense nie. Ons het niks om vir Hom weg te steek nie. Ons mag nie aan die slaap wees soos daardie mense wat niks met die Here te doen wil hê nie. Nee, ons moet helder wakker wees. Ons moet reg leef.
Lees 1 Tessalonisense 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Tessalonisense 5:2-6
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's