1 Petrus 5:1-4

1 Petrus 5:1-4 DB

Vir die kerkleiers onder julle wil ek iets besonders sê. Ek self is ook ’n kerkleier wat vir ander van die lyding van Jesus vertel. Wanneer Jesus weer kom, sal ek ook die eer kry wat Hy aan gelowiges gaan gee. Ek weet dus waarvan ek praat. Pas die mense wat aan God behoort goed op, want julle moet as hulle leiers vir hulle sorg. Sorg mooi vir hulle. Dit moet nie vir julle ’n las wees asof iemand julle dwing nie. Nee, julle moet dit doen omdat julle dit graag wil doen en dit vir julle lekker is. Julle moenie vra wat julle daardeur gaan ontvang nie, maar liewer wat julle kan gee deur vir ander iets te beteken. God wil dit so hê. Moenie baasspelerig wees nie, maar lei die medegelowiges eerder deur die goeie voorbeeld wat julle stel. Wanneer Jesus, die Een wat so goed vir ons almal sorg, weer kom, sal Hy julle soos konings behandel. Hy sal julle die eer gee wat net konings kry en niemand sal dit van julle kan wegvat nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid