1 Korintiërs 6:1-3

1 Korintiërs 6:1-3 DB

Vat julle mekaar regtig hof toe? Ek kan dit byna nie glo nie. Sê nou een van julle voel ’n mede-Christen het hom verkul en dat dit reggestel moet word. Hoekom hardloop julle hof toe waar ’n klomp ongelowiges wat niks van God en sy wil af weet nie, sal moet besluit wie van julle twee reg is? Het dit nie baie meer sin om na mede-Christene toe te gaan en saam met hulle die saak op te los nie? Het julle dan vergeet dat die mense van hierdie wêreld juis eendag voor God se kinders sal moet verskyn om die finale oordeel oor hulle te hoor? As julle dan eendag regters oor al die mense van hierdie wêreld gaan wees, dink julle nie dat julle mans genoeg behoort te wees om klein verskilletjies onder mekaar op te los nie? Ek wil dit nog sterker stel. Ons gaan selfs eendag die hemelse wesens oordeel. As dit so is, behoort ons regtig darem ook in staat te wees om vir die alledaagse probleme wat nou hier onder ons opduik, ’n goeie oplossing te vind.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid