Ek haat dit as julle so grootpraat oor julle Christenskap. Laat ek vir julle met ’n voorbeeld verduidelik wat ek bedoel. Julle weet mos hoe suurdeeg werk. ’n Mens sit ’n klein stukkie suurdeeg in ’n groot bak deeg en dan trek daardie bietjie suurdeeg deur al die deeg en laat dit mooi rys. So is dit met sonde. ’n Klein bietjie sonde in die gemeente krap die hele gemeente deurmekaar. Raak asseblief ontslae van al die verkeerde dinge wat in die gemeente soos suurdeeg werk. Snuffel elke sonde uit en gooi dit uit die gemeente uit soos die mense van ouds alle suurdeeg uit die huis uitgegooi het voor die paasfees. Die brood vir die paasfees moes sonder suurdeeg gebak gewees het. Wees daarom as gemeente soos vars brood wat sonder die suurdeeg van sonde gebak is. Dit is mos hoe julle eintlik is. Soos daar altyd ’n lammetjie geslag is om paasfees mee te hou, so is Jesus vir ons sonde doodgemaak. Alles is reg vir die fees in die gemeente, die brood en die Lam. Laat ons dan die fees hou. Maar om dit te hou moet daar niks van al die lelike dinge waarvan God nie hou nie, soos ou suurdeeg in ons oorbly nie. Al wat vir die gemeente moet oorbly, is om skoon te leef en te doen wat reg is.
Lees 1 Korintiërs 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 5:6-8
24 dae
"Hoe moet 'n Christen lewe?" Is die onderwerp wat in die eerste brief aan die Korintiërs aangespreek word, en gee praktiese sorg en regstelling aan die kwessies wat jong Christene in die gesig staar. Reis daagliks deur 1 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's