1 Kronieke 7

7
Die noordelike stamme: Issaskar
1Issaskar se vier seuns was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.
2Tola se seuns was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n familiehoof van afkoms en hulle was dapper soldate. Hulle was in Dawid se tyd 22 600 mense sterk.
3Ussi se seun was Seragja en Seragja se seuns was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Al vyf van hulle was familiehoofde. 4Hulle was verantwoordelik vir gevegskompanies met ’n totaal van 36 000 soldate, want hulle het baie vroue en kinders gehad.
5Hulle stamgenote in die res van die Issaskarstam was 87 000 soldate, wat almal geregistreer was.
Benjamin
6Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.
7Bela se vyf seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 22 034 soldate geregistreer.
8Beker se seuns was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. 9Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 20 200 soldate geregistreer.
10Jediael se seun was Bilhan en sy seuns Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar. 11Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag was daar 17 200 wat vir militêre diens opgeroep kon word.
Naftali
12Suppim en Guppim was Ir se seuns en Gussim was Ager s’n.
13Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.
Manasse
14Manasse se kinders by sy Aramese houvrou was Asriël en Makir, Gilead se pa. 15Makir is met ’n vrou uit Guppim en Suppim getroud en sy suster was Maäka. Een van sy afstammelinge was Selofgad, maar hy het net dogters gehad. 16Makir se vrou Maäka was Peres se ma. Peres se broer was Seres. Seres se seuns was Ulam en Rekem. 17Ulam se seun was Bedan. Dit was die nageslag van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse. 18Gilead se suster Moleket was Ishod, Abiëser en Magla se ma. 19Semida se seuns was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.
Efraim
20Efraim se seun was Sutelag, sy seun Bered, sy seun Tagat, sy seun Elada, sy seun Tagat, 21sy seun Sabad en sy seun Sutelag. Hy het nog twee seuns, Eser en Elad, gehad. Hulle is egter doodgemaak toe hulle van die oorspronklike inwoners van Gat se vee probeer steel het. 22Efraim het lank oor die twee getreur, totdat sy broers hom kom troos het. 23Daarna het hy en sy vrou weer ’n seun gehad. Hy het hom Beria genoem, omdat hy gebore is in ’n tyd toe teëspoed hulle huis getref het. 24Efraim se dogter, Seëra, het die dorpe Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.
25Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag en sy seun Tagan. 26Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama, 27sy seun Nun en sy seun Josua.
28Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.
Manasse se stede
29Manasse se nageslag het Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies, besit. Dit is plekke waar Josef, die seun van Israel, se nageslag gewoon het.
Aser
30Aser se seuns was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag.
31Beria se seuns was Geber en Malkiël, wat Birsajit se pa was.
32Geber was Jaflet, Semer, Gotam en hulle suster, Sua, se pa.
33Jaflet se seuns was Pasak, Bimhal en Aswat.
34Semer se seuns was Agi, Roga, Gubba en Aram.
35Gotam, sy broer, se seuns was Sofag, Jimna, Seles en Amal.
36Sofag se seuns was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra, 37Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.
38Jitran se seuns was Jefunne, Pispa en Ara.
39Ulla se seuns was Arag, Ganniël en Risja.
40Elkeen van die afstammelinge van Aser was familiehoofde. Hulle was almal leiers en dapper soldate. Uit hulle nageslag is 26 000 soldate geregistreer.

Tans Gekies:

1 Kronieke 7: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid