PSALMS 83

83
Vyande rondom!
1 'n LIED. 'n Psalm van Asaf.
2 o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
3Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
4Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
5Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
6Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:
7die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,
8 Gebal en Ammon, en Ámalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.
9Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.
10Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:
11hulle is verdelg by En-Dor, hulle het mis geword vir die grond.
12Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Sálmuna,
13wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!
14My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
15Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek —
16vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.
17Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o Here!
18Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;
19sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam Here is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

Tans Gekies:

PSALMS 83: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid