PSALMS 7

7
Doen aan my reg!
1 SJIGGAJŌN van Dawid wat hy tot eer van die Here gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.
2 Here, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
3sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
4 Here, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,
5as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),
6mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.
7Staan op, Here, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
8En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
9Die Here oordeel die volke. Doen aan my reg, Here, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
10Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
11My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
12God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.
13As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
14en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.
15Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.
16Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.
17Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.
18Ek wil die Here loof na sy geregtigheid en die Naam van die Here, die Allerhoogste, psalmsing.

Tans Gekies:

PSALMS 7: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid