PSALMS 47

47
God vaar op met gejuig.
1VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
2Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!
3Want die Here, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.
4Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
5Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
6 God vaar op met gejuig, die Here met basuingeklank.
7Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
8Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.
9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
10Die edeles van die volke het vergader — 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!

Tans Gekies:

PSALMS 47: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid