PSALMS 41

41
Gebed in krankheid.
1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil.
3Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
4Die Here sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
5Ék het gesê: o Here, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
6My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
7En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
8Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:
9Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.
10 Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.
11Maar U, o Here, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!
12Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.
13My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid.
14 Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.

Tans Gekies:

PSALMS 41: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid