PSALMS 24

24
Hef op julle hoofde, o poorte!
1 'n PSALM van Dawid.
Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
2want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
3 Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek?
4Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
5Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.
6Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek — dit is Jakob. Sela.
7Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
8Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd.
9Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
10Wie is dan tog die Erekoning? Die Here van die leërskare — Hy is die Erekoning! Sela.

Tans Gekies:

PSALMS 24: AFR53

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid