EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg. En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan. En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. DAARNA kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas. En niemand sit 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom 'n erger skeur. 'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.
Lees MATTHÉÜS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTHÉÜS 9:9-17
5 dae
Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek wees en ons moet die waarheid in liefde praat terwyl ons ook aan die emosionele inhoud van ons woordeskat aandag skenk. Hoe sal ons woorde aangenaam wees?
7 Dae
Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig het om ’n passievolle leier te wees wat op ander fokus, vir hulle omgee en hulle verbeter om saam nuwe hoogtes te bereik.
12 dae
Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ewe en om te groei in jou verhouding met God, ander en jouself, is jy gereed om saam met Jimi le Roux te sê: HIER IS EK, HERE!
14 Days
Dive deeper. Swim farther. This 14 day reading plan for teens helps take your spirituality to the next level. You will have the opportunity to dive into God's Word and be challenged through daily devotionals along the way.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's