MOENIE baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan. Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand. Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur. Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
Lees JAKOBUS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: JAKOBUS 3:1-8
5 dae
Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek wees en ons moet die waarheid in liefde praat terwyl ons ook aan die emosionele inhoud van ons woordeskat aandag skenk. Hoe sal ons woorde aangenaam wees?
6 Days
Words are powerful. They can beat us down and lift us up. They wound and they heal. And the right words at the right time can be exactly what we need to hear—or what we need to say. Hear from four people just like you who are finding the right words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, My Big Fat Mouth .
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
Every single one of us has spoken words “under the influence” of warped feelings and slurred thinking. And soon wish we had the magical power to take those words back. It’s our thoughts and emotions that determine what words come out of our mouths. Guide Your Mind, Guard Your Heart, Grace Your Tongue will enable you to take control of your thoughts and feelings in order to grace your tongue.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's