I JOHANNES 5
AFR53

I JOHANNES 5

5
Die geloof in Jesus en die gevolge daarvan.
1ELKEEN wat glo dat #I Joh. 2:22Jesus die Christus is, is #Joh. 1:13uit God gebore; en #Joh. 8:42elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.
2Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
3Want #Joh. 14:15dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en #Mt. 11:30sy gebooie is nie swaar nie.
4Want alles wat uit God gebore is, #I Joh. 4:4oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
5Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as #I Kor. 15:57hy wat glo #I Joh. 4:15dat Jesus die Seun van God is?
6Dit is Hy wat #Joh. 19:34deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en #Joh. 15:26dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.
7Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;
8en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
9 # Joh. 5:34,36; 8:17 As ons die getuienis van die mense aanneem — die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God #Mt. 3:17wat Hy aangaande sy Seun getuig het.
10Wie in die Seun van God glo, #Rom. 8:16; Openb. 12:17; 19:10het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, #I Joh. 1:10het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
11En dit is die getuienis: dat God ons #I Joh. 2:25die ewige lewe gegee het, en #Joh. 1:4; I Joh. 4:9dié lewe is in sy Seun.
12 # Joh. 3:15,36; 5:24; 6:40,47 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
13 # Joh. 20:31 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
14En dit is #I Joh. 2:28die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor #I Joh. 3:22as ons iets vra #Rom. 8:27; Jak. 4:3volgens sy wil.
15En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
16As iemand sy broeder 'n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en #Jak. 5:15Hy sal hom die lewe gee — vir die wat nie 'n sonde tot die dood doen nie. #Mt. 12:31 ens.; Hebr. 6:4,6; 10:26Daar is 'n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
17 # I Joh. 3:4 Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is 'n sonde wat nie tot die dood is nie.
18Ons weet dat #I Joh. 3:7elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
19Ons weet dat ons uit God is en #Gal. 1:4die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
20En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die #Joh. 17:3; Openb. 3:7,14; 19:11Waaragtige te ken; en ons is in die #Joh. 17:3; Openb. 3:7,14; 19:11Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en #I Joh. 1:2die ewige lewe.
21 My kinders, #I Kor. 10:14bewaar julleself van die afgode. Amen.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.


Vind meer uit oorAfrikaans 1933/1953