I KRONIEKE 27

27
Die leër en sy hoofde.
1EN dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier-en-twintigduisend:
2oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.
3Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.
4En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
5Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.
6Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.
7Die vierde vir die vierde maand was Ásahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
8Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
9Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
10Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
11Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
12Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
13Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
14Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
15Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Ótniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
Die hoofde van die twaalf stamme.
16EN oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;
17oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;
18oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Íssaskar was Omri, die seun van Mígael;
19oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Ásriël;
20oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;
21oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;
22oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.
23Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die Here het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.
24Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.
Ander beamptes van Dawid.
25EN oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Ádiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.
26En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.
27En oor die wingerde was Símeï, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.
28En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hánan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.
29En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Ádlai.
30En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was Jégdeja, die Meronotiet.
31En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.
32En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.
33En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning.
34En ná Agitófel: Jójada, die seun van Benája, en Ábjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid