Numeri 16:1-2

Numeri 16:1-2 SPC

Korag, die seun van Yitz’har, die seun van K’hat, die seun van Levi, saam met Datan en Aviram, seuns van Eli’av, met On, die seun van Pelet, seuns van Re’uven, het aksie geneem en hulle het opgestaan voor Mosheh, saam met sommige van die seuns van Yisra’el, twee honderd en vyftig leiers van die vergadering, verteenwoordigers, manne van naam.