Mikhah 5

5
1Nou, roep jouself op in ’n aanval, o dogter van magtige aanvallers; hulle het ons beleër en die herder van Yisra’el op die wang geslaan met ’n stok.
2Wat jou egter betref, Beit-Legem Efrat, klein onder die families van Y’hudah, vanuit jou sal daar vir My Een uitgaan om Heerser in Yisra’el te wees. Hy het reeds lank terug uitgegaan, vanaf die dae van die ewigheid;” Yeg 37:24,25; Yog 1:1; 7:42
3daarom sal Hy hulle opgee tot op die tyd wanneer sy wat in kraam is geboorte gee aan ’n kind, Open 12:5 dan sal Sy oorblywende broers terugkeer na die seuns van Yisra’el.
4Hy sal opstaan en Herder wees in die sterkte van יהוה, in die majesteit van die Karakter en Outoriteit van יהוה, Sy God en hulle sal bly, want in daardie tyd sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde. Mat 2:6
5Hierdie Een sal ons Vrede, Vreugde, Gesondheid, Voorspoed en Vergenoegdheid wees. Wanneer Ashur ons land inneem, wanneer hy op ons kastele trap, dan sal ons sewe herders en agt leiers van manne teen hom oplig.
6Hulle sal met die swaard oor die land Ashur, die land van Nimrod, by sy ingange herder wees en Hy sal ons van Ashur bevry, wanneer hy ons land aanval en ons grondgebied vertrap,
7dan sal die wat van Ya’akov oorbly onder baie volke wees soos dou vanaf יהוה, soos reënbuie op plante, wat nie vir die mens wag of vertoef vir die seuns van die mens nie.
8Die wat oorbly van Ya’akov sal tussen die nasies, onder baie volke wees soos ’n leeu onder die diere van die woud, soos ’n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy verbytrek, vertrap en verskeur en daar is niemand wat red nie.
9Jou hand sal teen jou teëstanders opgelig wees en al jou vyande sal afgesny word.”
10“Dit sal wees in daardie dag,” verklaar יהוה, “dat Ek jou perde tussen jou uit sal afsny en jou strydwaens vernietig.
11Ek sal ook die stede van jou land afsny en al jou vestings afbreek.
12Ek sal towerye uit jou hand afsny en jy sal geen fortuinvertellers meer hê nie.
13Ek sal jou gekerfde beelde en jou klippilare van tussen jou uit afsny sodat jy jou nie langer sal neerbuig voor die werk van jou hande nie.
14Ek sal die Asherah beelde ontwortel uit jou midde en jou stede vernietig.
15Ek sal wraak uitoefen in woede en toorn op die nasies wat nie gehoorsaam was nie.”

Tans Gekies:

Mikhah 5: SPC

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan