Mikhah 3

3
1Ek het ook gesê: “Hoor nou en gee ag, o leiers van Ya’akov en heersers van die huis van Yisra’el! Is dit nie julle wat regverdige oordeel moet ken nie?
2Julle wat die goeie haat en dit wat boos is lief het, wat hulle velle van hulle aftrek en hulle vlees van hul gebeente af,
3wat die vlees van My volk eet, hulle vel van hulle afslag, hulle bene breek en hulle aan stukke kap soos vir ’n pot en soos vir vleis in ’n pan,”
4dan sal hulle na יהוה uitroep, maar Hy sal hulle nie antwoord nie. In plaas daarvan sal Hy Sy gesig in dié tyd vir hulle wegsteek omdat hulle booshede gedoen het.
5So sê יהוה aangaande die profete wat my volk op ’n dwaalspoor lei: “Wanneer hulle iets het om met hulle tande te byt, roep hulle uit: ‘Vrede,’ maar teen hom wat niks in hulle mond sit nie, verklaar hulle ’n afgesonderde oorlog!
6Dit sal daarom vir julle nag wees, sonder ’n visioen en duisternis vir julle, sonder waarsêery. Die son sal oor die profete ondergaan en die dag oor hulle donker word.
7Die sieners sal beskaamd staan en die waarsêers verneder word. Hulle sal inderdaad almal hulle monde bedek omdat daar geen antwoord van God is nie.”
8Aan die ander kant is ek vol krag, met die Gees van יהוה en met regverdige oordeel en dapperheid, om aan Ya’akov sy rebelse daad bekend te maak en aan Yisra’el sy sonde.
9Hoor nou en gee ag op dit, hoofde van die huis van Ya’akov en heersers van die huis van Yisra’el, wat die regverdige oordeel verafsku en alles wat reguit is, verdraai;
10wat Tziyon bou met bloedvergieting en Yerushalayim met gewelddadige onregverdigheid!
11Haar leiers spreek vonnisse uit vir ’n omkoopgeskenk, haar priesters gee onderrig vir ’n prys en haar profete is waarsêers vir geld. Deut 16:19 Nogtans steun hulle op יהוה en sê: “Is יהוה nie in ons midde nie? Katastrofe sal nie oor ons kom nie;”
12daarom, as gevolg van jou sal Tziyon soos ’n land omgeploeg word, Yerushalayim ’n puinhoop word en die tempelberg hoë plekke van ’n woud. Yir 26:18

Tans Gekies:

Mikhah 3: SPC

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan