Mattityahu 28

28
1Teen die aand van die Shabbat, toe die eerste dag van die week begin aanbreek, kom Miryam van Migdala en die ander Miryam om na die graf te kyk.
2Let op, daar was ’n groot aardbewing, want ’n boodskapper van יהוה het uit die hemel afgekom en die steen van die ingang af weggerol en daarop gaan sit.
3Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.
4As gevolg van vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword,
5maar die boodskapper sê vir die vroue: “Moenie bang wees nie, want ek weet julle soek Yeshua wat gekruisig is.
6Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan net soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar ons Meester gelê het
7en gaan vinnig, sê vir Sy studentevolgelinge: ‘Hy het opgestaan uit die dood en gaan voor julle uit na die Galila. Daar sal julle Hom sien.’ Let op, ek het vir julle gesê.”
8Hulle het dadelik weggegaan van die graf af, bang en met groot blydskap en gehardloop om dit aan Sy studentevolgelinge te vertel.
9Let op, Yeshua ontmoet hulle en sê: “Vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!” Hulle het gekom en Sy voete vasgehou en aan Hom eer betoon.
10Toe sê Yeshua vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan en vertel vir My broers dat hulle na die Galila moet gaan en daar sal hulle My sien.”
11Terwyl hulle op pad was, het sommiges van die wag in die stad ingegaan en aan die leierpriesters alles vertel wat gebeur het
12en hulle het voldoende geld gevat en dit vir die soldate gegee en saam met die oudstes bymekaargekom en vergadering gehou
13en vir hulle gesê: “Julle moet sê: ‘Sy studentevolgelinge het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was’
14en as dit aan die goewerneur rapporteer word, sal ons hom tevrede stel, julle moenie bekommerd wees nie.”
15Hulle het die geld gevat en gedoen soos hulle beveel is en hierdie storie is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
16Die elf studentevolgelinge het na die Galila gegaan, na die berg waar Yeshua met hulle afgespreek het
17en toe hulle Hom sien, het hulle neergeval voor Hom om aan Hom eer te betoon, maar sommige het getwyfel.
18Yeshua het nadergekom en met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Alle outoriteit in die hemel en op aarde is aan My gegee 1 Kor 15:24-28 en soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle.
19Gaan daarvolgens, maak studentevolgelinge van al die nasies, doop hulle in die Karakter en Outoriteit van die Vader en die Seun en die Gees wat Afgesonderd is Mar 16:15; Luk 24:47
20en onderrig hulle sodat hulle alles sal gehoorsaam wat Ek julle beveel het 1 Yog 2:6 en let op, Ek is saam met julle al die dae tot aan die einde van die heelal. Dit is waar.”</book>

Tans Gekies:

Mattityahu 28: SPC

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan