daarom het ek my ook nie by regte geag om na U te gaan nie, maar sê ’n woord en my dienskneg sal gesond word, want ek is ook ’n man wat onder outoriteit gesit is en ek het soldate onder my en vir hierdie een sê ek: ‘Gaan!’ en hy gaan en vir ’n ander een: ‘Kom!’ en hy kom en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” Toe Yeshua dit hoor, het Hy hom verwonder oor hom en Hy draai Hom om en sê vir die mense wat saam met Hom loop: “Ek sê vir julle, selfs nie in Yisra’el het Ek so ’n groot vertroue gekry nie.”
Lees Luka 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Luka 7:7-9
10 dae
'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks gewandel moet word om jouself te bewapen vir die aanslae van die lewe, die kinkels en draaie en die onverwagte mooi oomblikke van genade.
31 dae
Ooggetuies lig die goeie nuus in wat Lukas vertel van Jesus se verhaal van geboorte tot dood tot opstanding; Lukas vertel ook Sy leringe wat die wêreld verander het. Reis daagliks deur Lukas terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's