Yesha'yahu 12
12
1Dan sal jy op daardie dag sê: “Ek sal U dank, יהוה, want alhoewel U kwaad was vir my, is U woede weggedraai en U vertroos my.
2Let op, die Magtige God is my Verlossing, ek sal vertrou en nie bang wees nie, want Yah, יהוה, is my Krag en my Loflied en Hy het my Verlossing geword.”
3Julle sal daarom met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing. Yog 7:37,38
4In dié dag sal julle sê: “Gee dank aan יהוה, roep Sy Naam aan, maak Sy dade onder die volke bekend, laat hulle onthou dat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) hoog opgelig is!
5Lofprys יהוה deur sang, want Hy het uitstekende dinge gedoen; laat dit bekend wees regdeur die aarde.
6Jubel en skree uit van vreugde, o inwoners van Tziyon, want die Afgesonderde van Yisra’el is groot in julle midde.”
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.