Galasiërs 2:15-16

Galasiërs 2:15-16 SPC

Ons wat van nature Jode en nie sondaars vanuit die ander nasies is nie, weet dat die mens nie onskuldig verklaar word vanuit die doen van die geskrewe wet nie, maar deur die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een. Ons het ook in Yeshua, Die Gesalfde Een, vertrou sodat ons onskuldig verklaar kon word vanuit die vertroue van Die Gesalfde Een en nie vanuit die doen van die geskrewe wet nie omdat deur die doen van die geskrewe wet geen mens onskuldig verklaar sal word nie,”