Efesiërs 6

6
1Kinders, gehoorsaam jul ouers in eenheid met ons Meester, want dit is reg.
2Hierdie is die eerste opdrag met ’n belofte: Deut 5:16 “Eer en respekteer jou vader en jou moeder
3sodat dit met jou goed mag gaan en jou lewe lank mag wees op die aarde.” Eks 20:12
4Vaders, moenie julle kinders kwaad maak nie, maar maak hulle groot in die dissiplinêre tug en in die leringe van ons Meester. Gen 18:19
5Slawe, gehoorsaam julle meesters na die vlees, met respekvolle vrees en bewing en in eenvoudigheid van verstand, wil en emosie, soos vir Die Gesalfde Een;
6nie wat nodig het om dopgehou te word soos mensebehaers nie, maar soos slawe van Die Gesalfde Een wat die wil van God doen
7en dien hulle vanuit jou hele wese in liefde, soos vir ons Meester en nie vir mense nie.
8Soos julle weet, sal elkeen, vir die goeie wat hy doen, beloning van ons Meester kry, of hy ’n slaaf of ’n vryman is.
9So ook julle, meesters; doen dieselfde teenoor hulle en vergewe hulle oortredinge omdat julle weet dat ook julle eie Meester in die hemel is en by Hom is geen partydigheid nie.
10Wees daarom, my broers, versterk in ons Meester en in die grootheid van Sy krag.
11Trek al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat is om staande te kan bly teen die strategieë van die lasteraar (aanklaer),
12want julle geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die heersers, teen die outoriteite, teen die beheerders van hierdie wêreld van duisternis en teen bose geeste onder die hemel.
13Trek daarom al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat sal wees om die bose een te konfronteer en wanneer julle gereed is in alle dinge, sal julle staan. Yir 1:17; Ya'a 4:7; 1 Kefa 5:9; 2 Tim 1:8
14Staan daarom en maak die gordel van waarheid Yes 11:5; 1 Kefa 1:13 om julle heupe vas en trek die borsplaat van onpartydige opregtheid aan Yes 59:17
15en bind die skoene aan julle voete vas in voorbereiding vir die goeie boodskap van vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid. Yes 52:7
16By dit alles tel die skild van vertroue op sodat julle die krag sal hê om al die brandende pyle van die bose te kan uitblus.
17Sit die kopskerm van verlossing op Yes 59:17 en tel die swaard van die Gees op, wat die boodskap van God is.
18In alle gebede en in alle begeertes, bid by elke geleentheid in die Gees. Wees elke oomblik in Hom waaksaam in gebed terwyl julle voortdurend bid en intree vir die afgesonderdes
19en vir my sodat ’n boodskap vir my gegee mag word as ek my mond oopmaak om openlik die geheime van die goeie boodskap te verkondig,
20waarvoor ek ’n ambassadeur in kettings is sodat ek dit met vrymoedigheid mag sê soos dit vir my nodig is om te praat.
21Tugikos, ’n vertrouenswaardige dienaar in die Meester en die broer vir wie ons lief is, sal julle alles vertel wat ek doen sodat julle ook my omstandighede kan ken.
22Ek sal hom juis hiervoor na julle toe stuur sodat julle ons omstandighede kan ken en hy julle gedagtes, wil en emosie kan versterk en vertroos.
23Vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir ons broers en liefde, saam met vertroue, vanaf God-die-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!
24Die onverdiende guns bly saam met almal wat ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een sonder korrupsie lief het! Dit is waar!</book>

Tans Gekies:

Efesiërs 6: SPC

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan