Openbaring 13
13
1Ek het op die sand by die see gestaan en ek het ’n dier uit die see sien opkom met tien horings en sewe koppe en op sy horings tien krone en op sy koppe die karakter en outoriteit wat kwaadpraat teen God. Dan 7:3, 7, 8, 20, 25
2Die dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd en sy pote soos dié van ’n beer en sy mond soos dié van ’n leeu Dan 7:4-6 en die draak het sy krag, sy troon en groot outoriteit vir hom gegee.
3Een van sy koppe was, asof tot die dood, vergruis en sy dodelike wond is genees en die hele wêreld het bewonderend agter die dier aangeloop
4en die draak aanbid, wat vir die dier outoriteit gee. Hulle het die dier aanbid en gesê: “Wie is soos hierdie dier? Wie kan teen hom oorlog maak?”
5’n Mond wat groot woorde praat en kwaadpraat teen God is aan dit gegee en dit is die outoriteit gegee om vir twee en veertig maande lank te werk. Dan 7:25
6Dit het sy mond oopgemaak om kwaad te praat voor God, van Sy Naam (Karakter en Outoriteit) en die blyplek van dié wat in die hemel bly.
7Dit is ook vir hom gegee om oorlog te maak teen die afgesonderdes en hulle te verslaan en aan hom is outoriteit gegee oor alle stamme, volke, tale en nasies
8en almal wat op die aarde bly, wie se name nie opgeskryf is in die boekrol van die Lewe van die Lam wat van voor die oorsprong van die wêreld gedood is nie, sal hom aanbid.
9Die een wat ’n oor het, laat hom luister.
10Wie ook al in ballingskap wegvoer, sal in ballingskap gaan; die wat met die swaard doodmaak, sal met die swaard doodgemaak word. Hierin is die vertroue en die volharding van die afgesonderdes.
11Ek het ’n ander dier sien opkom uit die aarde en dit het twee horings gehad, net soos ’n lam en het gepraat soos ’n draak.
12Dit sal al die outoriteit van die eerste dier uitoefen in sy teenwoordigheid en hy sal maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier waarvan die dodelike wond genees is, ook aanbid.
13Hy sal ook groot wondertekens voor die mense doen, soos om vuur uit die hemel op die aarde te laat afkom
14en dit sal dié wat op die aarde bly mislei, deur die wondertekens wat aan hom gegee is om in die teenwoordigheid van die dier te doen, deur aan dié wat op die aarde bly te sê dat hulle ’n beeld moet maak van die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
15Dit is vir hom gegee om ’n gees aan die gevaarlike dier se beeld te gee en te veroorsaak dat almal wat die dier se beeld nie aanbid nie, vermoor word.
16Dit sal aan almal: klein, groot, die rykes, die armes, die vrymense en die slawe, ’n seël op hulle regterhand of op hulle voorkoppe gee Eks 13:9,16; Deut 6:8
17sodat niemand weer kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat sy merk het: die karakter en outoriteit (naam) van die gevaarlike dier, of die getal van sy naam.
18Hier is wysheid: wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens en sy getal is ses honderd ses en sestig (666).
Tans Gekies:
Openbaring 13: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.