Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Psalms 142

142
1’n Onderriggewende gedig van Dawid, toe hy in die grot was, ’n gebed. Ek het hardop uitgeroep na יהוה, ek het my smeking met ’n harde stem tot יהוה gerig.
2Ek het my klagtes voor Hom uitgestort; ek het my moeilikhede voor Hom gewys.
3Toe my gees in my oorweldig was, het U my pad geken. Op die pad wat ek loop, het hulle in die geheim vir my ’n strik gespan.
4Ek het na my regterhand gekyk en daar was niemand om vir my raad te gee nie; skuiling het my gefaal, niemand het omgegee vir my lewe nie.
5Ek roep uit na U, o יהוה! Ek het gesê: “U is my Versekerde Verwagting en my Toegestaande Deel in die land van die lewendes.”
6Gee aandag aan my uitroep, want ek is laag gedruk; bevry my van my vervolgers, want hulle is sterker as ek.
7Bring my lewe uit die gevangenis sodat ek U kan loof met uitgestrekte hande. Die regverdiges sal my goed behandel totdat U my beloon.

Tans Gekies:

Psalms 142: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan