Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Psalms 120

120
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. In my benoudheid het ek uitgeroep na יהוה en Hy het my gehoor.
2Bevry my lewe, o יהוה, van valse lippe en tonge wat mislei!
3Wat sal Hy vir jou gee of wat sal vir jou bygevoeg word, o tong wat mislei?
4Die pyle van die magtige manne is skerp, hulle is soos warm kole van eike.
5Wee my dat my vreemdelingskap verleng word in Meshekh en dat ek in die tente van Kedar bly!
6My lewe het lank gebly by hulle wat die vrede haat.
7Ek is vir vrede, maar as ek praat, baklei hulle met my.

Tans Gekies:

Psalms 120: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan