Psalms 114
114
1Toe Yisra’el uit Mitzrayim uitgegaan het, die huis van Ya’akov vanuit ’n volk met ’n vreemde taal,
2was Y’hudah Sy afgesonderde en Yisra’el Sy heerskappy.
3Die see het dit gesien en gevlug; die Yarden is teruggedryf.
4Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers van die trop.
5Wat pla jou, o see, dat jy vlug; o Yarden, dat jy teruggedryf word,
6julle berge, dat julle rondspring soos ramme en julle, heuwels, soos lammers van die trop?
7Bewe, aarde, in die Teenwoordigheid van יהוה, in die Teenwoordigheid van die God van Ya’akov,
8wat die rots verander het in ’n poel van water, die harde klip in ’n waterfontein!
Tans Gekies:
Psalms 114: PWL
Kleurmerk
Kopieer
Vergelyk
Deel
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.