Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Psalms 110

110
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה het met my Meester gepraat: “Sit aan My regterhand totdat Ek U vyande U voetstoel maak.” Mat 22:43,44; Mar 12:36; 14:62; Luk 20:42,43; 22:69; Hand 2:34,35; Rom 16:20
2יהוה sal die Septer van Sy krag vanuit Tziyon stuur en Hy sal heers oor U vyande. Heb 1:8
3U volk sal spontaan gewillig wees op die dag van U mag; vanaf die baarmoeder het Ek U voortgebring in die skoonheid van U afgesonderdheid, as ’n Kind vanaf alle eeue.
4יהוה het gesweer en sal nie lieg nie: “U is ’n nie-Levitiese Priester vir ewig volgens die voorbeeld van Malki-Tzedek.” Z'kh 6:13; Heb 5:6; 6:20; 7:17,21,28
5Die Meester aan jou regterhand sal die konings oorwin op die dag van Sy woede.
6Hy sal oordeel tussen die nasies, Hy sal die verslaandes tel, Hy sal die koppe van menigtes op die aarde afkap.
7Hy sal drink uit die stroom op die pad; daarom sal Hy Sy kop hoog hou.

Tans Gekies:

Psalms 110: PWL

Kleurmerk

Kopieer

Vergelyk

Deel

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan